Skade van Henties-brand vandag bepaal

‘n Brand wat vermoedelik ontstaan het by ‘n winkel wat wegneemetes voorberei, het groot skade aan die Spar-inkopiesentrum op Hentiesbaai aangerig. Die brand was rondom tien-uur reeds onder beheer gebring. Volgens berigte het Spar self, sowel as die winkeels aan die voorkant van die kompleks oënskynlik mins skade gehad. Berigte op sosiale media lui dat rondlopers gepoog het om in te breek maar sekuriteit het gekeer dat hulle munt slaan uit die chaos. Dit wil voorkom asof die skade beperk is tot ‘n pakhuis en die agterkant van die geboue. Die omvang van die skade sal eers vanoggend bepaal kan word. Niemand is in die voorval beseer nie.