Sitrusbedryf bekommerd oor vertragings by hawens

Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging sê die bedryf moet gereed maak vir nog ‘n jaar van beperkings in hawens. Die uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê uitdagings wat vervoer en verskeping betref, kan vanjaar se uitvoer belemmer. Hy skryf dit toe aan die feit dat dit ‘n tydjie gaan duur om die voorgestelde verbeteringe in doeltreffendheid by hawens aan te bring. Die sitrusbedryf het deurgeloop onder ‘n kuberaanval by Transnet wat verlede jaar vraghouer-eindpunte in die hawens van Gqeberha en Kaapstad negatief geraak het.