‘Migrante-boot’ slaan naby Florida om, 39 vermis

Die Amerikaanse kuswag soek na 39 mense nadat hulle boot volgens berigte aan die kus van Florida omgeslaan het. Owerhede is gister in kennis gestel nadat ‘n man gevind is wat naby die stad Fort Pierce aan ‘n vaartuig vasklou. Die kuswag sê volgens die man was hy en 39 ander op ‘n boot toe dit in ongure weer omgeslaan het. Hulle vaart het Saterdagaand in Bimini in die Bahamas begin. Amerikaanse amptenare sê die boot was moontlik deel van ‘n mensehandel-saak.