Mobiele abattoir steeds ‘n sukses

Meatco se Abattoir on Wheels, bedien al vir jare boere wat kwaliteit bemarkbare beeste in die noordelike kommunale gebiede het. Hierdie mobiele abattoir se doelwit is om die beeswaardeketting in noordelike kommunale gebiede te bevorder en nader aan die produsente te kom. Rosa Hamukuaja-Thobias, Meatco, Meatco se woordvoerder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie abattoir het ‘n aansienlike verskil in boere van dié gebiede gemaak.