Sioka se ministerie ‘n mors van geld

Die PDM-parlementslid Nico Smit sê die ministerie van geslagsgelykheid onder die bestuur van Doreen Sioka is ‘n verkwisting van hulpbronne. In sy mening kan ‘n ander ministerie die werk doen maar het ‘n beroep op die Nasionale Vergadering gedoen om die lot van kinders in die land bespreek. Kinders bly volgens Smit blootgestel aan growwe seksuele vergrype, armoede en die skending van ander, basiese menseregte en ‘n organisatoriese verandering is volgens hom die enigste oplossing. Hy het ook geëis dat die name van onderwysers openbaar gemaak moet word wat kinders misbruik. Hy sê daar is geen werklike optrede om om te sien na die kinders wat onder brûe leef en op straathoeke bedel, of die minderjariges in tronkselle nie.