Reisigers sat vir inperkings, maatreëls, sê IATA

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, IATA, sê lugreisigers is toenemend gefrustreerd met die Covid-reisbeperkings en hoë koste van Covid-toetse. Volgens IATA se jongste opname, het die 4 700 respondente in 11 markte wêreldwyd hul vertroue uitgespreek dat die risiko’s van Covid-19 doeltreffend bestuur kan word en dat die vryheid van reis herstel kan word. Linden Birns, woordvoerder van IATA het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.