Sihle-hulle het miljoene aan voertuie vir koninklikes bestee

Die DA in KwaZulu-Natal sê die premier, Sihle Zikalala, moet bedank, sou die Nasionale Tesourie of die ouditeur-generaal enige bewyse vind van ongemagtigde uitgawes rondom voertuie van die koninklike familie. Die provinsie het verlede jaar net meer as 5,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan ‘n vloot voertuie vir die koninginne van die Zoeloe-koninklike huishouding, waaronder die Koninginmoeder, bestee. Zwakele Mncwango van die DA sê die party twyfel of die premier genoeg gedoen het om beter regering en verantwoordbaarheid te verseker: