Grotkuns in VSA ontdek

Wetenskaplikes in Amerika het reuse rotstekeninge van inheemse Amerikaners bekend gestel wat vermoedelik meer as ‘n duisend jaar oud is. Dit is ontdek toe kenners ‘n grot in Alabama deursoek en 3D-skandering gebruik het om die kunswerke sigbaar te maak. Een daarvan is 3,4-meter lank. Die tekeninge word beskryf as die grootste bekende grotkuns wat nog in Noord-Amerika ontdek is. Internasionale media berig die wetenskaplikes glo die reuse-werke kan moontlik geeste van die doderyk uitbeeld en is geskep voor die inheemse Amerikaners die eerste keer met ander kulture in aanraking gekom het.