Veediefstalsaak van boer en 5 ander tot 12 Mei uitgestel

Die ses verdagtes wat verlede Vrydagaand op ‘n klag van veediefstal in die Hochfeld-omgewing in hegtenis geneem is, bly in aanhouding – in Hochveld en Windhoek. Die beskuldigdes is Albert Tjihero en sy seun Kevin Tjihero, asook vier plaaswerkers – Joel Katjivi, Ruben Ndatowela, Katunohange Karitjindua en Jeremia Herau. Tydens hul hofverrigtinge het die ses mans almal gekies om die regsdienste van ‘n private prokureur te betrek en het ook aangedui dat hulle mettertyd hul borgtogaansoeke by die hof sal bring. Hul saak is toe tot 12 Mei 2022 uitgestel vir hul borgtogaansoeke. Albert Tjihero word in Windhoek aangehou, in die Sentrale Hospitaal op mediese gronde. Die ses is gevang met vier bees wat deur Ockert Steyn besit word, op pad na ‘n veiling toe. Steyn huur grond by Tjihero. Die waarde van die diere word op 52 000 Namibiese dollar beraam.