Shiimi: Implementering van belasting wat ekonomie kan onderdruk, sal vertraag word

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het in sy begrotingsrede gesê op die gebied van belastingbeleid en -hervormings, is ‘n beginselbesluit geneem om die implementering en aankondiging van enige belastingvoorstelle wat ekonomiese herstel kan onderdruk, te vertraag. Hy sê gevolglik sal net die implementering van die maatreëls wat moontlik ‘n mate van verligting aan belastingbetalers kan bied, volg.