Sheya sê korrupsie is gemeenskapsprobleme

Die Goewerneur van die Kunene-streek Marius Sheya sê die Namibiese regering het baie goed gevorder in die bekamping van korrupsie. Sheya het in Opuwo gepraat tydens ‘n werkswinkel oor die tweede teenkorrupsie strategie wat op die oomblik vir 2021 tot 2025 ontwikkel word. In sy mening is korrupsie nie ‘n probleem in die openbare sektor nie maar eerder ’n gemeenskaplike probleem en daarom moet daar klem gelê word op patriotisme, van ‘n baie jong ouderdom af. Die Direkteur-Generaal van die Teenkorrupsie Kommissie Paulus Noa het op sy beurt gesê deursigtigheid en aanspreeklikheid, sowel as effektiewe bestuur baie belangrik is vir evaluering en monitering van stelsels. Noa sê die nuwe strategie moet Namibië se agenda vir ontwikkeling sowel as sy verpligtinge op die vasteland en internasionaal, komplementeer.