SA Raad van Kerke moedig bejaardes aan om in te ent

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het mense bo 60 aangemoedig om voordeel te trek uit die regering se tweede fase van die Covid-19 inentings. Hierdie fase het Maandag begin en duisende burgers het reeds die inspuiting gekry. Die raad se hoofsekretaris, Biskop Malusi Mpumlwana, het kort na sy eie inenting gesê goeie gesondheid is ‘n goddelike geskenk: