Sandton-skool verbied bespreking oor Gaza

‘n Skool in Sandton is skerp gekritiseer omdat hy alle besprekings in verband met die konflik tussen Israel en Palestina verbied het. Die skool het ‘n verklaring aan personeel en ouers gestuur en gesê die verbod het ten doel om konflik in die skool te voorkom. Die Redhill-skool het sedertdien onder skoot gekom met baie mense wat sê die leerders word vryheid van spraak geweier. Die skool se Woordvoerder, Joseph Gerassi, sê die skool het ‘n verpligting om te verseker dat die bittere gevegte in die Midde-Ooste nie tot konflik in die skool lei nie.