Shangula sê strenger Covid-maatreëls kan komJune 10, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het in die Nasionale Vergadering gesê die regering probeer nóg ‘n inperking vermy, maar mag dalk gedwing word om strenger Covid-19-maatreëls in te stel. Hy het vanmiddag op ‘n vraag van Nudo se LP, Joseph Kauandenge, geantwoord wat wou weet of die land op nóg ‘n inperking afstuur.