Shangula besoek Katutura-hospitaal na video’s muise wys

Na daar weer verskeie video’s op sosiale media oor die haglike toestande in die Katutura-hospitaal gedeel is, ook deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula besoek afgelê by die hospitaal. Die video wys hoe muise in die gange en sale rondhardloop en ook die vervalle en vuil toestande van die plek. Die uitdagings is nie nuut nie, en in Maart 2020 het President Hage Geingob groot kritiek uitgelok toe hy op sy toer gesê het die plek lyk heel goed en in orde vir hom. Die hospitaal, wat in 1973 gebou is, het dringend opknapping nodig, en die 700 miljoen dollar hoofkwartiere wat Swapo regoor die hospitaal bou, vererger die publiek se frustrasie.