Seibeb vaar uit teen Nampol-woordvoerder, noem haar ‘n leuenaar

Die adjunk-leier van die Landless People’s Movement Henny Seibeb het ten sterktse uitgevaar teen adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, woordvoerder van Nampol, na haar verklaring wat uitgereik is na Windhoek-burgemeester Sade Gawanas in hegtenis geneem is. Seibeb het by die party se perskonferensie gepraat.

Hy vra ook hoekom ‘n lid van die mag, wat nie in uniform is nie, ‘n AK-47 by hom dra as daar ‘n handvol ongewapende mense is.