Kenner sê oor Navo-ontplooiing

Daar is kommer in sommige oorde oor die ontplooiing van Navo-troepe aan die oostelike grens van die blok, naby Rusland. Die hoof van Navo, Jens Stoltenberg, sê Rusland behou die grootste bedreiging vir Europa sedert die Koue Oorlog in en daar sal nou 300 000, op van 40 000 Navo-troepe in die gebied bly. Sommige kenners meen dit sal Rusland verder uittart maar, volgens die militêre kenner Helmoed Heitman, is dit Rusland wat dit veroorsaak het. Hy voeg by, talle Europese lande het hulle weermagte en wapentuig grootliks gesny na die Tweede Wêreld Oorlog en skarrel nou om hardeware bymekaar te maak.