Sexwale moet aantygings van diefstal bewys

Die buurland se Nasionale Tesourie en die Reserwebank sê die ANC-veteraan Tokyo Sexwale moet bewyse lewer vir die bewerings dat miljarde Suid-Afrikaanse rand uit die sogenaamde Erfenisfonds gesteel is. Sexwale het in ‘n onderhoud gesê hy en ander het ‘n mate van weerstand ervaar toe hulle wou toesien dat die geld in die ekonomie aangewend word. Hy sê hulle het agtergekom van die geld is gesteel. Die Reserwebank sê daar is geen bewyse dat so ‘n fonds bestaan nie. Die bank sê die bewerings van diefstal van ‘n fonds wat nie bestaan nie, het geen gronde nie.