SA-variant woeker onder Britse gemeenskap

Daar is kommer in die Verenigde Koninkryk nadat gemeenskapsoordrag van die Suid-Afrikaanse variant van Covid opgemerk en bevestig is. Die land se Minister van Gesondheid het dit aan media in die land bevestig. Die Suid-Afrikaanse variant veroorsaak dat verskeie entstowwe se effektiwiteit skerp daal en die jongste berigte lui dat selfs die Pfizer entstof, wat tot dusver nog effektief was, moontlik ook minder beskerming het teen die variant. Die Britte se inentingsveldtog is baie aggressief en 15 persent van die land se bevolking is reeds ten volle ingeënt met amper 10 miljoen mense wat reeds ten volle ingeënt is met altwee spuite.