Sensitiwiteit van Britse polisie in verkragtingsake uiters swak

Dit is nie net plaaslik waar daar uitdagings is met goedopgeleide owerhede veral in die geval van geslagsgeweld nie. In Brittanje sê 42 persent van slagoffers dat die polisie hulle nie glo nie. Nogah Ofer van die Britse Sentrum vir Geregtigheid vir Vroue sê die stelsel is ook ‘n uitdaging.