Schlettwein gesels oor bestuur van Kunene waterbronne

Die Namibiese minister van landbou Calle Schlettwein het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die voorsitterskap van die permanente gesamentlike komitee op die Kunenerivier wat vanaf die ministerie van myne en energie oorgedra is. Die komitee sal ook sy onderhandelings met Angolese owerhede voortsit om die komitee te omskep in ‘n waterbron kommissie. Protokolle vir die SAOG-streek sê dat gedeelde waterbronne so bestuur moet word. Schlettwein het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.