Spele: Osaka is uit

Naomi Osaka van Japan is in die derde ronde van die vroue-enkelspel tenniskompetisie in Tokio uitgeskakel. Die viermalige Grand Slam-kampioen moes binne 67 minute met 6-1 en 6-4 die knie buig teen Marketa Vondrousova van die Tjeggiese Republiek. Vondrousova sal nou teen óf Paula Badosa van Spanje óf Nadia Podoroska van Argentinië in die kwarteindronde te staan kom.