Taxi-geweld verhoed die terugkeer van skoolkinders in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys het sy kommer uitgespreek oor die aantal leerders wat nie gister kon terugkeer skool toe nie as gevolg van die taxi-geweld. Die geweld het openbare vervoer ontwrig met verskeie taxi-roetes wat gesluit is. ‘n Woordvoerder van die departement, Bronagh Hammond, sê daar is gelukkig geen voorvalle aangemeld van taxi-geweld wat leerders geraak het nie. Sy voeg by misdadige aktiwiteite soos vandalisme by skole tydens die vakansie is ook ‘n bron van kommer: