Schauffele is bly hy is weer bo

Die Amerikaner Xander Schauffele sê hy is bly om weer in die wennerskring te wees nadat hy die Travelers Championship in Connecticut opgeraap het. Hy het ‘n finale ronde twee-onder-baansyfer 68 aangeteken om met twee houe te wen. Dit is Schauffele se sesde oorwinning in ‘n PGA-toernooi tydens sy loopbaan. Sy landgenote, Sahith Theegala en J.T. Poston, is gesamentlik tweede. Schauffele sê hy is bly om weer goed op dreef te wees: