Biden sê Russiese aanvalle in Kiëf is barbaars

Die Amerikaanse President Joe Biden sê Rusland se missielaanval op sentraal-Kiëf in Oekraïne gister was barbaars. Die missiele het ‘n residensiële gebou en ‘n kleuterskool getref. Een persoon is dood en ses mense, waaronder ‘n sewejarige meisie, is in die aanval beseer. Die aanvalle word beskou as ‘n uitdagende boodskap deur Rusland aan die G7-leiers wat tans ‘n beraad in Beiere in Duitsland bywoon. Biden sê hulle sal voortgaan met die instel van verdere streng sanksies teen Moskou.