Martins-Hausiku sê verlaging in heffings sal impak hê

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se uitvoerende hoof Rosalia Martins-Hausiku, sê die fonds sal die impak van die verlaging in die heffing wat hulle ontvang, teen die einde van volgende maand begin voel. Die heffing is met 25 persent gesny na 35,7 sent per liter. Sy sê die fonds ontvang die geld 45 dae later en terwyl daar reeds maatreëls in plek gestel is om die tekorte aan te spreek sal die fonds tussen 11 en 13 miljoen dollar maandeliks verloor. Die Padfonds-administrasie sal in die volgende drie maande tot 300 miljoen dollar in die verband verloor.