Sat vir korrupte leiers – hoe moet mens respek toon?

Dr Job Amupanda, die leier van die Regstellende Herposisionering Beweging het op sy Twitter-blad om verskoning aan die Stigters President Sam Nujoma gevra en gesê hulle kan geensins respek bied aan leiers wat korrup is nie. Die beweging teiken die Minister van Verdediging Peter Vilho en die geldsake van August 26 en gebruik tans al sy platforms in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Amunime, die Woordvoerder van die beweging gepraat.