Net die staat sal inentings toedien

Privaat mediese instellings regoor die land sou die regering bygestaan het met die inentings veldtog regoor die land. Opleiding in die verband is vanoggend gekanselleer nadat van die instellings geweier het om die Sinopharm entstof toe te dien omdat dit steeds nie WGO-goedkeuring het nie. Daar is kommer oor dekking deur versekeringsmaatskappye, sou ‘n eis ingedien word na die entstof toegedien is. Net die staat se instellings sal voortaan die inentingsveldtog hanteer.