SAPD, Interpol trek Israeliese voortvlugtige in Bryanston vas

Die polisie en Interpol het ‘n 46-jarige Israeliese voortvlugtige in Bryanston, Johannesburg, in hegtenis geneem. Hy word in sy vaderland vir verskeie pogings tot moord gesoek. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê die man was tussen 2003 en 2004 vermoedelik by twee bomontploffings betrokke. Sy sê hy het na bewering by twee verskillende geleenthede ‘n ploftoestel onder ‘n man se voertuig geplaas. Mathe sê die man is sedert 2015 op Interpol se rooilys: