SAOG-lande moet maak soos Nam met ingeënte vragmotorbestuurders

Volgens die Walvisbaai Korridorgroep sal die nuwe Covid-regulasies die koste om sake te doen verminder en doeltreffendheid in handel verhoog. Met onder meer vragmotorsbestuurders wat ten volle ingeënt is, wat nie meer Covid-toetse op Namibiese grensposte moet toon nie, het die vervoerbedryf min of enige klagtes. Stefan Terblanche, die uitvoerende hoof van FP du Toit Transport het ‘n beroep op ander SAOG-lande gedoen om Namibië se voorbeeld te volg.