Vierde spuit keer nie Omikron nie

Voorlopige uitslae van die studie in Israel toon dat ‘n vierde Covid-inenting wel teenliggaampies versterk maar, bied nie enige verbeterde beskerming teen ‘n Omikron-infeksie nie. Israel is die eerste land in die wêreld wat begin het met ‘n vierde Covid-inenting. Die Sheba mediese-sentrum het die tweede versterkdosis aan sy personeel gegee en ‘n studie uitgevoer. ‘n Totaal van 154 mense was betrokke met die Pfizer-spuit en 120 met die Moderna-spuit. Die navorsers het bevestig dat Omikron infeksie wel kan voorkom al is die teenliggaampies wat die inenting bied, hoog.