Australiese Ope spyt oor Novak-aangeleentheid

Organiseerders van die Australiese Ope sê hulle is bitter spyt oor die uitwerking wat die sage oor Novak Djokovic se deportasie op ander spelers gehad het, en erken daar is lesse om te leer. Die 34-jarige Djokovic se dramatiese vertrek het gevolg ná ‘n uitgerekte hofstryd met Australiese owerhede en het ‘n skaduwee oor die toernooi gegooi. Nuusagentskappe berig in sy eerste kommentaar oor die aangeleentheid, Tennis Australië sê hy respekteer die hof se besluit en hoop die fokus kan nou verskuif na die aksie op die tennisbaan.