Saoedi, Rusland behou olie-besnoeiings
Top-olie-uitvoerders Saoedi-Arabië en Rusland het bevestig hulle sal voortgaan met produksie besnoeiings tot die einde van die jaar. Saoedi-Arabië het bevestig dat hy sal voortgaan met sy bykomende verlaging van 1 miljoen vate per dag wat ‘n produksie van ongeveer 9 miljoen vate daagliks vir Desember aandui, terwyl Moskou ook aangekondig het dat hy sy aanbodverlaging van 300 000 vate daagliks uit sy ru-olie- en petroleumproduk-uitvoer tot einde Desember sal voortsit. Olie het in September ‘n hoogtepunt in 2023 bereik op byna 98 Amerikaanse dollar per vat vir Brent, hoewel dit sedertdien verswak het om tans net onder 86 dollar ‘n vat te verhandel, ondanks die konflik in die Midde-Ooste.