SANZAAR en Sesnasies beplan nuwe toernooi

SANZAAR en die Sesnasies het planne onthul vir ‘n gesamentlike toernooi met die spanne van die suidelike en noordelike halfrond van 2026 af, om, soos dit gestel word, “nuwe lewe te blaas” in internasionale rugby. Die twee organisasies sê in ‘n verklaring die kompetisie sal in afwisselende jare in die bestaande Julie en November-venster gespeel word, buite die toere van die Britse Ierse Leeus, en die Wêreldbeker.