Samaritaan laat nie toe dat Covid-inperkings hom terughou nie

Samuel Kapepo is ‘n jong Namibiese man met ‘n goeie hart. Kapepo wat in Windhoek woon, bedryf ‘n sopkombuis in Freedomland. Die sopkombuis het meestal hawelose kinders begin voed en het geleidelik kinders uit gesinne ingesluit wat dit nie kan bekostig nie. Toe die Covid-19-pandemie tref, is Kapepo se werk ontwrig en besluit hy om deur tot deur kos te lewer. Hy is tans in die noordelike deel van Namibië waar hy gaan help het. Hy beplan om daarna na die suide te gaan. Kapepo deel sy verhaal met Kosmos 94.1 Nuus.