SAL-Takatso ooreenkoms goedgekeur
Takatso Aviation het die Suid-Afrikaanse Mededingingstribunaal se voorwaardelike goedkeuring van sy verkryging van 51 persent van die uitgereikte aandelekapitaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens verwelkom. Indien die ooreenkoms afgehandel word, sal die oorblywende 49 persent aandeelhouding in SAL in die Departement van Openbare Ondernemings se besit bly. Die ooreenkoms is onderworpe aan voorwaardes wat verband hou met ‘n moratorium op afleggings en disinvestering van die aandeelhouding deur minderheidsaandeelhouers in die Takatso-konsortium. Takatso se woordvoerder, Thulasizwe Simelane, sê die goedkeuring baan ‘n duidelike weg na die ooreenkoms se afhandeling: