Wes-Australië se grense bly gesluit

Die Wes-Australiese minister van gesondheid, Amber-Jade Sanderson, het die staat se besluit verdedig om sy grense weens Covid-19 vir ‘n onbepaalde tyd te sluit. Die staat sou op die vyfde van volgende maand sy grense heropen vir reisigers tussen plaaslike state en internasionale reisigers wat twee inentingsdosisse gehad het. Wes-Australië het teen gister 24 nuwe Covid-19-gevalle gehad. Sanderson sê dis duidelik hulle gaan nie die Omikron-variant uitwis nie, daarom hang dit nou af hoe hulle dit gaan onderdruk en bestuur: