SABC se voormalige bedryfshoof moet binne ‘n week R11,5 miljoen opdok

In die buurland het die hooggeregshof die voormalige bedryfshoof van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, opdrag gegee om binne sewe dae 11,5 miljoen rand wat hy as bonus ontvang het, aan die openbare uitsaaier terug te betaal. Hy moet die geld plus 15 persent rente wat terugdateer tot September 2016, terugbetaal. Die bonus hou verband met ‘n ooreenkoms wat MultiChoice toegang tot die openbare uitsaaier se argiewe gee, maar dis sonder die destydse SABC-raad se toestemming aangegaan. Die Spesiale Ondersoekeenheid sê indien Motsoeneng nie binne sewe dae betaal nie, het die SABC se pensioenfonds opdrag om die geld aan die uitsaaier te betaal.