VN: Beide kante in Ehtiopië-konflik is skuldig aan ernstige misbruik

Die Verenigde Nasies waarsku beide kante in Ethiopië se konflik van 13 maande, maak hulle aan ernstige misbruik skuldig. Die VN het gewaarsku algemene geweld kan volg met ernstige gevolge vir die hele streek. Die adjunkhoof van regte, Nada Al-Nashif, het die VN se Menseregteraad vandag toegespreek oor die gevaar van toenemende haat, geweld en diskriminasie. Die konflik kring uit en het al duisende sterftes meegebring en meer as twee miljoen mense dakloos gelaat. Honderd-duisende leef op die rand van hongersnood. Ethiopië het die spesiale vergadering verwerp en gesê ‘n neo-koloniale ingesteldheid het multi-lateralisme gekaap.