Twee dae se bloed oor, diens kort 2 000 skenkings

Die Namibiese bloedoortappingsdiens het net voorraad vir twee dae en sou daar geen skenkings ontvang word nie, sal geen pasiënt bygestaan kan word nie. Volgens die diens se woordvoerder Titus Shivute het hulle 2 000 skenkings voor die einde van die jaar nodig om te voldoen aan vraag, veral tydens die feestyd.