SA vakbonde in verset teen Eskom

Lede van die vakbond in die buurland, Giwusa, doen ‘n beroep op ander vakbonde, federasies en klimaat-geregtigheids-bewegings om met nasionale optrede te begin om die land tot stilstand te bring in verset teen Eskom se tariefverhogings en voortgesette beurtkrag. Die vakbond verwerp die regering se poging om die werkers- en middelklas die koste van die krisis te laat dra. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê Eskom is op die rand van bankrotskap as gevolg van verskriklike vlakke van korrupsie, wanbestuur en ‘n massiewe skuldlas.