SA toeriste vies oor toerpakkette van Robbeneiland Museum

Suid-Afrikaanse toeriste voel in die gesig gevat omdat hulle uitgesluit voel van die Robbeneiland Museum se jongste toerpakette. Die raadsvoorsitter, Khensani Maluleke sê die pakket van ‘n duisend rand vir Suid-Afrikaners teenoor 1 400 rand vir nie-Suid-Afrikaners, is gemik op ‘n alternatiewe wyse waardeur historiese plekke besoek kan word. Dit sluit in die Murraysbaai hawe-uitstalling, asook die verbanningsoord van Xhosa-hoofde, die Ou Tronk-uitstalling, die blouklip- en leiklip-gruisgroewe en die maksimum-sekuriteitsgevangenis.