SA se kweekhuisgasse styg met 10%

Die sewende verslag oor Suid-Afrika se Nasionale Kweekhuisgas-opgawe toon dat vrystellings tussen 2000 en 2017 met 10,4 persent gestyg het. Die departement van die omgewing het die verslag uitgereik as deel van die land se verbintenis tot die Verenigde Nasies se Raamwerk-verdrag oor Klimaatsverandering. Suid-Afrika sal die verslag by die konvensie inhandig as deel van sy verbintenis om daaroor verslag te doen. Dit geld vir bronne van kweekhuisgasvrystellings weens menslike bedrywighede sowel as nie-regstreekse kweekhuisgas.