Apple-baas ontvang N$11,17 miljard skeidingspakket

Die uitvoerende hoof van die tegnologie-reus Apple, Tim Cook, gaan na verwagting 11,17 miljard Namibiese dollar se aandele in sy finale uitbetalingstransaksie ontvang. Dit is die tiende en laaste deel van die betalingsooreenkoms wat hy ‘n dekade gelede ontvang het nadat hy by mede-stigter Steve Jobs oorgeneem het. ‘n Deel van die uitbetaling hang af van Apple se aandele-opbrengs die afgelope drie-jaar wat minstens twee-derdes van maatskappye op die S&P 500 verbygesteek het. Apple se stygende aandeleprys het Cook toegelaat om jaar-na-jaar groot uitbetalings te ontvang wat hom ‘n miljardêr gemaak het.