Banke maak al hoe meer staat op bankfooie vir inkomste

Daar is volgens die jongste syfers van kommersiële banke, ‘n toename in onbetaalde lenings en dus plaas banke op die oomblik die klem op inkomste wat nie op rente gebaseer is nie, soos bankfooie. Die Capricorn-groep het a groei van 3,6 persent in die kategorie aangeteken terwyl FNB 2,6 persent aangeteken het. Standard Bank het ‘n inkrimping van 29,8 persent in die inkomste aangekondig. Die daling in die bank terugkoopkoers het die bydrae van die inkomste opgestoot en vir FirstRand beslaan die inkomste 53,5 persent van sy totaal uit en 54,5 persent vir Standard Bank. Vir die Capricorn-groep is dit 44,9 persent.