EU-kommissaris looi Namibië oor vroeë kinderontwikkeling

Die EU se kommissaris vir internasionale vennootskappe, Jutta Urpilainen, sê dat die plaaslike opleiding vir onderwysers in vroeë kinderontwikkeling onvoldoende is. Sy het besoek afgelê aan die die Mix-nedersetting net noord van die hoofstad. Die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling kan nie onderbeklemtoon word nie omdat dit die vaardighede vir laer- en hoërskool ontwikkel en skooluitslae direk beïnvloed. Urpilainen sê die betrokke ministeries moet meer doen om onderwysers in die vakgebied op te lei. Daar is uitdagings in Namibië met vroeë kinderontwikkeling omdat min kinders van ‘n jong ouderdom in bevoegde sentrums geplaas word voor graad R.