SA Reserwebank se president betreur uitwerking van onluste

In Suid-Afrika het die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, aangekondig die terugkoopkoers bly onveranderd op 3,5 persent. Die bank het koerse verlede jaar verlaag in ‘n poging om ekonomiese herstel te steun te midde van die voortslepende pandemie. Kganyago het ook bekend gemaak dat die bruto binnelandse produk na verwagting in 2022 met 1,7 persent sal groei.

Hy betreur ook die langdurige uitwerking van die Julie-onluste, bykomend tot die inperking.