Namibiese landbouminister maan oor bek-en-klouseer-gevare

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein het vanmiddag in die Nasionale Vergadering bevestig die entstowwe van die nuwe variant van bek-en-klouseer sal nou na die Zambezi-streek versprei word. Hy het ‘n beroep op goewerneurs van die noordelike streke gedoen om inwoners te maan om nie onwettig beeste oorgrens te beweeg nie, want dit sal die ekonomie van die land lamlê. Schlettwein sê internasionale lande sal nie Namibiese vleis invoer nie en handelsooreenkomste met lande soos Ghana sal in gevaar gestel word.