SA regering sê loon-aanbod vir staatsamptenare gaan fiskus miljarde kos

Die Suid-Afrikaanse regering sê sy loon-aanbod van 7,5 persent vir staatsamptenare gaan die fiskus 31 miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Die departement van openbare dienste en administrasie sê die finale aanbod bestaan uit ‘n drie persent pensioendraende en 4,5 persent nie-pensioendraende verhoging. Die jongste aanbod volg na die aankondiging van ‘n landwye afsluiting deur die vakbondfederasies Cosatu, Saftu en Fedusa wat vir Dinsdag beplan word. Die federasies sê dié aanbod verander nie aan die regering se aanvanklike een nie en hy doen ‘n beroep op alle staatsamptenare en noodsaaklike dienste-werkers om aan die beplande betogings deel te neem.