Verontwaardiging oor VSA se ommeswaai oor moord op joernalis

Amerikaanse President Joe Biden word van boedeloorgee beskuldig ná sy administrasie gesê het die Saoedi-Aabiese kroonprins moet nie vervolg word weens die moord op ‘n Amerikaanse joernalis nie. Biden het voorheen beloof om sondebokke te maak van die land se heersers ná die dood in 2018 van Jamal Khashoggi in die Saoedi-konsulaat in Istanbul, Turkye. Die departement van buitelandse sake het nou verklaar Mohammed bin Salam se hoë amp beskerm hom teen vervolging weens sy beweerde rol in die moord.